AFRIKAANS BULLETIN 10VM – 1 JULIE 2020

Hoofstories hierdie uur…
# Oos-Kaapse COVID-19 dodetal styg verder
EN
# Reënval vir die Wes-Kaap bring verligting
Die tyd 10 uur ek is ____________________. Goeie More.

# Die aantal COVID-19-verwante sterftes in die Oos-Kaap staan nou op 4-honderd-22 na nog vyf-en-twintig mense aan die virus gesterf het.
Die aantal bevestigde coronavirus-gevalle in die provinsie het tot 27-duisend-6-honderd-en-88 toegeneem.
Die Premier van die Oos-Kaap, Oscar Mabuyane, sê hulle wil die werkers aan die voorste linie beskerm, aangesien hulle van kritieke belang is om die pandemie te help beveg.
Tot op hede het meer as 8-honderd gesondheidsorgwerkers positief getoets vir die coronavirus in die Oos-Kaap.
(Speel: 200701nClip1.mp3)

# Die LUR vir Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, sê die onlangse reënval in die provinsie het ‘n welkome verligting gebring.
Die gemiddelde damvlak in die Wes-Kaap het tot 44-komma-4 persent gestyg.
Die reënval het ook verseker dat die damvlakke wat water aan Kaapstad voorsien tot 62-komma-5 persent toegeneem het.
Die departement se woordvoerder, James-Brent Styan, sê hulle doen ‘n beroep op die publiek om die water spaarsamig te gebruik.
(Speel: 200701nClip2.mp3)

# Die Minister van Polisie, Bheki Cele, het gister in die Nasionale Raad van Provinsies gesê Rrkers sal steeds in hegtenis geneem word as hulle gedurende die staat van inperking onwettig sigarette koop.
Cele het gister saam ander ministers LP’s se vrae mondelings beantwoord.
Hy het egter verduidelik dat indien rokers gearresteer word sal hulle nie noodwendig ’n misdaadrekord daarvoor kry nie.

# SA Express en sy bates word tans wyd en syd geadverteer, insluitend Gumtree en Junk Mail.
Netwerk24 berig advertensies vir dié lugdiens, wat in April gelikwideer is, verskyn op verskeie aanlyn platforms.
Fin24 het reeds die afgelope naweek berig dat die lugdiens en/of sy bates te koop aangebied word.
Die hooggeregshof in Pretoria het in Junie die groen lig vir die voorlopige likwidateurs gegee om eiendom te verkoop en aan die nuwe eienaars oor te dra.
Die hof het die likwidateurs ook toegelaat om nuwe beleggers in die lugdiens te lok.

En ten slotte:
# Die navorser van topsiektes in Amerika, Dokter Anthony Fauci, het aan die Amerikaanse senaat gesê dat hy “nie verbaas sou wees nie” as nuwe virusgevalle in die land 100-duisend per dag bereik.
Hy het gewaarsku dat nie genoeg Amerikaners maskers dra of sosiale distansiëring beoefen nie.
Tydens die verhoor het hy gesê ongeveer die helfte van alle nuwe gevalle kom uit vier van die land se state.
Dinsdag het die sake vir die vierde keer die afgelope vyf dae met meer as 40-duisend in een dag gestyg.

# Geldsake: Die goudprys staan op duisend-784-dollar-94 sent per fynons en die prys van Brent ruolie op 41 dollar-72 sent per vat.
Die rand verhandel teen 17 rand-37 sent teen die Amerikaanse dollar, 19 rand-49 sent teen die euro en 21 rand-47 sent teen die pond.
Die prys vir een Bitcoin verhandel teen 9-duisend-142-dollar-93.

Dit is die einde van die nuus vir hierdie uur, die volgende bulletin is om ____.
Vir (radiostasie ID) ______________ nuus, ek is _________________.