Afrikaans Bulletin 10VM – 7 Desember 2018

Hoofstories hierdie uur…
# Fase 1-beurtkrag vandag uitgerol
EN
# Klagte van korrupsie teen Mark Kingon ingedien
Die tyd is 10 uur, ek is ____________________. Goeie more.

# Eskom het om 08:00 bevestig fase 1-beurtkrag word Vrydag van 09:00 tot 22:00 ingestel.
Dit volg na fase 2-beurtkrag die afgelope ses dae Suid-Afrikaners die mure uit gedryf het.
Eskom-woordvoerder, Khulu Phasiwe, het verlede week via Twitter beklemtoon die huidige beurtkrag is nie weens steenkooltekorte nie, maar lae dieselvoorraad, lae damvlakke by sy pompopgaarskemas en eenhede by steenkoolkragstasies wat breek.

# Die jongste aansuiweringsbegroting in die Oos-Kaapse wetgewer het net onder ’n miljoen rand vir die LUR vir gesondheid se ampsmotor goedgekeur, terwyl slegs ’n derde van dié motor se prys vir rolstoele, gehoorapparate en ortopediese apparate begroot is.
DA-woordvoerder oor finansies, Bobby Stevenson, sê in ’n verklaring dié “rojale” besteding deur die departement van gesondheid, wat op die randjie van ineenstorting is, dui daarop dat die amptenare uit voeling met die werklikheid is.
Die departement het vir die aansuiweringsbegroting ’n versoek vir R1,8 miljard gerig, maar slegs R325,9 miljoen is Donderdag toegestaan.

# ’n Bloemfonteinse sakeman wat glo talle mense uit meer as ’n miljoen rand bedrieg het en deur die polisie gesoek is, is Donderdag in Gordonsbaai by ’n seiljagklub gesien en kort daarna in hegtenis geneem.
Die man, wat twee ondernemings bedryf, het glo deposito’s vir houthuise aanvaar, maar nooit die huise gebou nie.
Augnischa van Rooyen van Welkom sê sy en haar man, Rico, het ’n R130 000-deposito betaal om ’n huis langs die Vaalrivier in die Oppiewater Estate te laat bou.

# Aanklagte van korrupsie is deur die Anti-Poverty Forum (APF) teen Mark Kingon, waarnemende kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), aanhangig gemaak.
Die aanklagte is Dinsdag deur direkteur van APF, Phapano Phasha, by die polisiekantoor in Brooklyn ingedien.
Die nasionale polisiewoordvoerder, Vish Naidoo, het bevestig dat daar ’n korrupsiesaak teen ’n regeringsamptenaar geopen is, maar wou nie die identiteit van die persoon bekend maak nie. Die saak is aan die Valke vir verdere ondersoek oorhandig.

En slotte…

#Die Duitse kanselier, Angela Merkel, tree vandag uit as leier van haar party, die Christen Demokratiese Unie ná 18 jaar.
Die 64-jarige Merkel tree uit ná ‘n reeks verkiesingsnederlae in verskeie streke wat verband hou met haar beleid oor vlugtelinge.
Die twee sterkste teenstanders om die pos as leier oor te neem is die adjunkleier van die CDU, Annegret Kramp-Karrenbauer en ‘n regsgeleerde, Friedrich Merz.
.

# Geldsake: Die goudprys staan op duisend-238-dollar-65 sent per fynons en die prys van Brent ruolie op 59 dollar-84 sent per vat.
Die rand verhandel teen 14 rand-09 sent teen die Amerikaanse dollar, 16-rand-01 sent teen die euro en 17 rand-98 sent teen die pond.
Die prys vir een Bitcoin verhandel teen 3-duisend-432-dollar-92-sent.
Dit is die einde van die nuus vir hierdie uur, die volgende bulletin is om ____.
Vir (radiostasie ID) ______________ nuus, ek is _________________.