AFRIKAANS BULLETIN 11VM – 1 AUGUSTUS 2020

Hoofstories hierdie uur…
# Voormalige minister se vrou bly die naweek in aanhouding in Pretoria
EN
# DA verwelkom dat alle provinsiale PBT kontrakte openbaar gemaak moet word
Die tyd is 11 uur, ek is ____________________. Goeie môre.

# ‘n Voormalige minister se vrou se vrou bly die naweek in aanhouding in polisieselle in Pretoria.
Die Valke het bevestig dat sy gister in hegtenis geneem op aanklagte van kwaadwillige saakbeskadiging en aanranding.
Die woordvoerder van die Valke, Hangwani Mulaudzi, sê die vrou se naam kan nie bekendgemaak word nie, maar sy sal Maandag in die Hatfield-landdroshof verskyn.
Mulaudzi het in ’n onderhoud met die uitsaaier eNCA bevestig die vrou het die voormalige minister aangerand, maar hy wou nie uitwei oor die aard van sy beserings nie.
Hoewel die Valke nie die vrou se identiteit wou bekend maak nie, het ’n video van ’n beskadigde voertuig, wat glo aan die voormalige minister behoort, die afgelope week reeds op sosiale media die ronde gedoen.

# Om die hoë voorkoms van moord en gewapende roof in Suid-Afrika te laat daal, is geteikende ingrypings is nodig.
Dit is die Instituut vir Sekerheidstudies se reaksie op die minister van Polisie, Bheki Cele, se aankondiging dat moord en gewapende roof vir die agtste jaar agtereenvolgens toegeneem het.
Die hoof van die Instituut se program vir justisie en die voorkoming van geweld, Gareth Newman, sê die polisie moet die bronne tot sy beskikking gebruik om die faktore te bepaal wat tot die talle moorde aanleiding gee.

# Die DA verwelkom die Minister van Finansies, Tito Mboweni, se aankondiging wat vereis dat alle LUR’e van Gesondheid lyste moet opstel om aan te dui by watter maatskappye hulle persoonlike beskermde toerusting (PBT) aangekoop het.
Die versoek kom na daar onthul is dat die LUR van Gesondheid in Gauteng, Dokter Bandile Masuku, sy vrou, en die presidensiële woordvoerder, Khusela Diko, betrokke was by ongerymdhede rakende COVID-19 PBT-aankope.
Party-woordvoerder, Siviwe Gwarube, sê die DA vertrou dat dit nie ‘n blote versoek sal bly nie, maar dat alle LUR’e onmiddellik sal optree om hierdie inligting sonder enige verdere vertraging te publiseer.
(Speel: 200731nClip1.mp3)

En ten slotte…
# Die dodetal weens COVID-19 in Suid-Afrika het tot 8-duisend-en-5 gestyg nadat nog 193 sterftes in die afgelope 24-uur-siklus aangemeld is.
Elfduisend-en-veertien nuwe gevalle is in die jongste verslagperiode aangemeld.
Die totale infeksies wat sedert die uitbreking van die virus in die land aangemeld is, staan dus nou op 493-duisend-183.
Ses-en-sestig persent van mense wat die virus opgedoen het, het herstel.

Dit is die einde van die nuus vir hierdie uur, die volgende bulletin is om ____.
Vir (radiostasie ID) ______________ nuus, ek is ________________.