Afrikaans Bulletin 11VM – 31 Desember 2018

Hoofstories hierdie uur…
# Vrae oor Umalusi se aanpassing van matriekpunte
EN
# Man sterf tydens skuba-duik naby Shelly Beach
Die tyd is _uur, ek is ____________________. Goeie môre.

# Die aanpassing van matriekpunte deur Umalusi word bevraagteken.
Die Gautengse LUR van Onderwys, Panyaza Lesufi, sê hy verskil ten sterkste met die aanpassing van die wiskundepunte van leerders in privaat skole.
Lesufi sê die gehalteversekeringsliggaam het die onverwerkte punte van matrikulante in openbare skole geneem waar geen punte verhoog is nie.
Die DA se Nomsa Marchesi wil andersyds weet hoekom 17 van die 67 matriekvakke van die Departement van Basiese Onderwys se punte opgeskuif is.
(Speel: 181228nnomsa.mp3)

# Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) sê ‘n man het gesterf na hy ophou asem haal het tydens ‘n skuba-duik naby Shelly Beach, Kwa-Zulu Natal.
NSRI woordvoerder, Craig Lambinon, sê die instituut is deur ‘n duikgroep wat op ‘n boot op pad na Shelly Beach was ingelig van die voorval en gereël dat die NSRI hulle met aankoms op die strand ontmoet.
Lambinon sê die groep was reeds besig om KPR op die 65-jarige man op die boot toe te pas.
Hy sê met aankoms het paramedici aangehou om KPR toe te pas, maar na alles probeer is om die man by te bring is hy op die toneel dood verklaar. Sy liggaam is aan forensiese patologiedienste oorhandig.
(Speel: 181228nlimbanon.mp3)

# ‘n Groot gedeelte van die sendingdorpie Wupperthal naby Clanwilliam in die Wes-Kaap is in ‘n brand verwoes.
Vyf-en-vyftig huise het in die slag gebly, asook die gemeenskapsaal, ‘n restaurant, die skoolkoshuis, winkelsentrum en die Morawiese Sendingkerk.
Honderde mense is dakloos gelaat, maar niemand is beseer nie.
Die oorsaak van die brand is nog onduidelik.

En ten slotte…
# Vier mense is volgens berigte dood in geweld by ‘n stemlokaal in die Suid-Kivu provinsie in die Demokratiese Republiek die Kongo.
Inwoners van die DRK het gister gestem in ‘n verkiesing wat herhaaldelik sedert Desember 2016 uitgestel is.
‘n Verkiesingsbeampte by die stemlokaal is daarvan beskuldig dat hy betrokke is by stemknoeiery om die President, Joseph Kabila se voorkeurkandidaat om hom te vervang, Emmanuel Ramazani Shadary, te bevoordeel.
‘n Polisiebeampte, ‘n verkiesingsbeampte en twee burgerlikes is in die geweld dood.

# Geldsake: Die goudprys staan op duisend-183-dollar-47 sent per fynons en die prys van Brent ruolie op 81 dollar-53 sent per vat.
Die rand verhandel teen 14 rand-17 sent teen die Amerikaanse dollar, 16 rand-45 sent teen die euro en 18 rand-50 sent teen die pond.
Die prys vir een Bitcoin verhandel teen 6-duisend-673-dollar-80-sent.

Dit is die einde van die nuus vir hierdie uur, die volgende bulletin is om ____.

Vir (radiostasie ID) ______________ nuus, ek is _________________.