AFRIKAANS BULLETIN 2NM – 15 MEI 2019

Hoofstories hierdie uur…
# SAUK-gebou ontruim
En
# Die MRK fokus op Alex

Die tyd is 2 uur, ek is ____________________ Goeie Middag.

# Tientalle SAUK-werkers moes die openbare uitsaaier se gebou in Auckland Park in Johannesburg verlaat nadat diesel op een van die boonste verdiepings van die gebou uitgemors en glo gevaarlike walms veroorsaak het.
Die diesel word glo gebruik vir ‘n kragopwekker.
Netcare911 se woordvoerder, Shawn Herbst, sê sommige SAUK-werkers is op die toneel behandel voordat hulle na die hospitaal vervoer is.
(Speel: 190515_nherbst-1.mp3)

# Die Menseregtekommissie sê hy sal die relevante instansies nader om die direkteur-generaal in die kantoor van die Gautengse premier, Phindile Baleni te dagvaar.
Baleni moes gister voor die MRK verskyn wat besig is met ‘n ondersoek na die onlangse gewelddadige betogings in Alexandra.
Die MRK sê Baleni het ook versuim om tydens die eerste sitting verlede maand voor die Kommissie te verskyn.
Die Menseregtekommissie se bestuurder in Gauteng, Buang Jones, sê die MRK het ook geen kommunikasie in die verband van Baleni se kantoor gekry nie.
(Speel:190515nSAHRC.mp3)

# Die amptelike opposisie in KwaZulu-Natal, die IVP, sê die burgemeester van die Ethekwini metroraad, Zandile Gumede moet geskors word.
Gumede, ‘n raadslid, Mondli Mthembu, en ‘n diensverskaffer, Craig Ponnan, word betrek by ‘n tenderskandaal.
Die drie is aangekla van bedrog, korrupsie, geldwassery en die oortreding van die Wet op Munisipale Bestuur.
Hulle het gister in die Handelsmisdaadhof in Durban verskyn. Nog ses mense is vroeër by die bedrog betrek.
Die IVP se woordvoerder in die metroraad, Mdu Nkosi, sê Gumede behoort geskors te word om fluitjieblasers te beskerm.
(Speel:190515nIF.mp3)

En uiteindelik…
# ‘n Skildery deur die Franse Impressionis, Claude Monet, het by ‘n veiling in New York vir meer as 110-miljoen dollar verkoop.
Dit is die hoogste prys wat nog behaal is vir een van Monet se skilderye.
Die skildery uit sy hoomied-reeks toon stapels graan met lang skaduwees in die gloed van die son.
Nog ‘n skildery uit die reeks is in November 2016 vir meer as 80 miljoen dollar verkoop.

# Geldsake: Die goudprys staan op duisend-298-dollar-10 sent per fynons en die prys van Brent ruolie op 70 dollar-83 sent per vat.
Die rand verhandel teen 14 rand-26 sent teen die Amerikaanse dollar, 15-rand-96 sent teen die euro en 18-rand-40 sent teen die pond.
Die prys vir een Bitcoin verhandel teen 8-duisend-072-dollar-38-sent.

Dit is die einde van die nuus vir hierdie uur, die volgende bulletin is om ____.
Vir (radiostasie ID) ______________ nuus, ek is _________________.