AFRIKAANS BULLETIN 6NM – 15 MEI 2019

Hoofstories hierdie uur…
# Opruimingswerk aan die gang by die SAUK

En
# Ramaphosa beoog ‘n meer bekwame kabinet

Die tyd is 6 uur, ek is ____________________ Goeie Naand.

# Opruimoperasies is by die SAUK in Auckland Park aan die gang om die dieselstorting by die Radioparkgebou op te ruim.
Personeellede is vroeër uit die gebou ontruim na die lekkasie.
Die openbare uitsaaier se interne stelsels het vanoggend van City Power na die bystandskragopwekker oorgeskakel na ‘n kragonderbreking.
Weens die ouderdom en gebreke in die toerusting het die dieseltenk oorgeloop.

# President Cyril Ramaphosa sê ‘n meer bekwame en vaartbelynde kabinet gaan binnekort aangekondig word.
Die president het by die Goldman Sachs beleggerskonferensie in Johannesburg gesê die samestelling van sy nuwe kabinet sal in ooreenstemming wees met die regering se hoofprioriteite,naamlik om die ekonomie te stimuleer en werk te skep.

#AfriForum sê hulle verwelkom die feit dat die seun van voormalige president Jacob Zuma, Duduzane Zuma, vandag moes getuig in die vervolgingsaak vir sowel strafbare manslag as roekelose en nalatige bestuur teen hom.
Zuma se verdedigingspan het hom in die Randburgse landdroshof as eerste getuie geroep.
Die saak is egter uitgestel tot môreoggend 08:30 nadat die hof se stenograaf gebreek het en verrigtinge nie opgeneem kon word nie.
Die uitvoerende hoof van AfriForum, Kallie Kriel, sêdie feit dat Zuma Jr. vandag in die getuiebank verantwoording moes doen vir die dood van Mekelina Dube is nie net ’n oorwinning vir AfriForum nie, maar vir almal in die land wat gelykheid voor die reg voorstaan.
Kriel het die Dube-familie en adv. Gerrie Nel en sy span by AfriForum se privaatvervolgingseenheid geloof vir hul deursettingsvermoë om te help toesien dat Zuma Jr. voor die hof gedaag is vir die dood van Dube.

#Die Vryheidsfront Plus (VF Plus) sê ouers en ander belanghebbendes in die onderwys moet betrokke wees by die prosesse van kurrikulumvorming in Suid-Afrika. Dit beteken onder meer om betroubare inligting te bekom, liewer as om op sensasionele mediaberigte te reageer.
In die afgelope week was daar ontsteltenis na aanleiding van ‘n mediaberig dat die nuwe kurrikulum vir lewensoriëntering onder meer masturbasie aan graad viers gaan onderrig. Die departement van onderwys het in reaksie gesê dat dit onwaar is en die betrokke joernalis se motiewe is bevraagteken.
Volgens die VF Plus beteken dit steeds nie dat die party die inhoud van lewensoriëntering in skole onderskryf nie. Dié party gaan van ‘n Christelike lewens- en wêreldbeskouing uit waarin seks beskou word as ‘n godgegewe gawe wat binne die huwelik uitgeleef word.

En uiteindelik…
# Die eerste minister van Nieu Seeland, Jacinda Ardern, het waarskynlike omkoopgeld van ‘n elf-jarige meisie van die handgewys wat hou hê dat die regering navorsing oor drake moet doen.
Die meisie, wat net as Victoria bekendstaan, wil superkragte hê sodat sy drake kan afrig.
Sy het sowat 45-rand by haar brief ingesluit. Ardern het op ‘n amptelike briefhoof aan haar teruggeskryf en gesê haar administrasie doen nie navorsing oor drake nie, maar het beloof dat sy op die uitlkyk sal wees vir enige draak.

# Geldsake: Die goudprys staan op duisend-298-dollar-10 sent per fynons en die prys van Brent ruolie op 70 dollar-83 sent per vat.
Die rand verhandel teen 14 rand-26 sent teen die Amerikaanse dollar, 15-rand-96 sent teen die euro en 18-rand-40 sent teen die pond.
Die prys vir een Bitcoin verhandel teen 8-duisend-072-dollar-38-sent.

Dit is die einde van die nuus vir hierdie uur, die volgende bulletin is om ____.
Vir (radiostasie ID) ______________ nuus, ek is _________________.