AFRIKAANS BULLETIN 6NM – 17 MEI 2019

Hoofstories hierdie uur…
# Bemawu bekyk regstappe teen Ramaphosa oor SABC

En
# Transnet-ingenieur verskyn voor Zondo

Die tyd is 6 uur, ek is ____________________ Goeie Naand.

# Die vakbond BEMAWU sê hy sal regstappe doen teen die President en die Ministers van Finansies en van Kommunikasie vir hulle versuim om finansiële bystand aan die sukkelende Korporasie te verskaf.
Dit volg nadat meer as tweeduisend liter diesel uit ‘n bystandskragopwekker gelek het, op die 15de verdieping van die Radioparkgebou in Aucklandpark, Johannesburg.
Die gebou is ontruim en minstens drie mense het hospitaalbehandeling moes kry.
Twee is reeds ontslaan.
Die opruimingsoperasie is aan die gang, en personeel mag tot verdere kennisgewing nie in die gebou wees nie.

# `n Elektriese ingenieur van Transnet, Francis Callard, het voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping in Johannesburg getuig dat die aankoop van honderd lokomotiewe van China South Rail onnodig was.
Dit was omdat die lokomotiewe nie voldoen het aan die behoeftes van Transnet se steenkoolspoorlyne nie.
Callard sê die sakeplan is aansienlik deur Transnet se senior amptenare aangepas om voorsiening te maak vir China South Rail in die plek van Mitsui.
Hy sê hy het bewus geword van die verandering toe die sakeplan teruggestuur is na Lindiwe Mdletshe in die maatskappy se departement vir voorraadskettingbestuur.

# Die Verkiesingskommissie sê Statistieke Suid-Afrika het in sy finale verslag aangedui dat die toepassing van artikel 24A ‘n geringe risiko van dubbelstemmery in die algemene verkiesing ingehou het.
‘n Aantal politieke partye het hulle kommer uitgespreek oor die beweerde dubbelstemmery ingevolge waarvan die artikel 24A-vorm voltooi word.
Die OVK sê hy is tevrede dat daar nie ‘n merkbare afwyking was in vergelyking met vorige verkiesings nie.
Die Kommissie sê hy is tevrede dat die verkiesing vry en regverdig was toe hy Saterdag die uitslag bekendgemaak het.
Meer as 20 mense word beskuldig van dubbelstemmery, waarvan 17 voorvalle op Dannhauser in KwaZulu-Natal was.

En uiteindelik…
# Die kredietgraderingsagentskap Moody’s sê Suid-Afrika se swak groeivooruitsigte vir sy Bruto Binnelandse Produk is steeds somber, maar ‘n ommekeer is moontlik indien die nuwe regering onder President Cyril Ramaphosa sy skuld verminder en staatsinstansies beter bestuur word.
Daar word voorspel dat die regering se skuldlas in 2023 tot 65 persent van die BBP kan styg.
Dit kan tot 70 persent toeneem, indien die regeringswaarborge aan Eskom bygereken word.

# Geldsake: Die goudprys staan op duisend-288-dollar-19 sent per fynons en die prys van Brent ruolie op 72 dollar-56 sent per vat.
Die rand verhandel teen 14 rand-34 sent teen die Amerikaanse dollar, 16-rand-03 sent teen die euro en 18-rand-34 sent teen die pond.
Die prys vir een Bitcoin verhandel teen 7-duisend-296-dollar-62-sent.

Dit is die einde van die nuus vir hierdie uur, die volgende bulletin is om ____.
Vir (radiostasie ID) ______________ nuus, ek is _________________.