AFRIKAANS BULLETIN 6NM – 22 MEI 2020

Hoofstories hierdie uur…
# Inperking-arrestasies weërspeel coronavirus infeksies
EN
# Kinders kan tuisonderrig ontvang

Die tyd 6 uur ek is ____________________. Goeie naand.

# Die Minister van Polisie, Generaal Bheki Cele, sê die aantal mense wat in hegtenis geneem is vir die oortreding van die Rampberstuurswet weerspieël die infeksie-persentasie van die coronavirus.
Die minister het die media toegespreek oor hoe goed die regulasies tydens die inperking nagekom is.
Volgens Cele het die Wes-Kaap die grootste aantal inhegtenisnemings, gevolg deur die Gauteng provinsie.
Cele sê georganiseerde misdadigers het ook probeer om misdade te pleeg tydens die inperking.
(Speel:200522Clip1.mp3)

# Die LUR vir Onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, het gesê die Onderwysdepartement het voorsiening gemaak vir ouers wat nog wil hê dat hul kinders tuisonderrig moet kry.
Lesufi sê die Departement het tonne e-posse ontvang van ouers wat teen die heropening van skole is.
Hy sê kinders moet terug skool toe gestuur, maar as ouers gemakliker voel dat hul kinders by die huis bly, sal die Departement die ouers se wense tegemoet kom.
Lesufi sê dit is belangrik om daarop te let dat kinders nie die akademiese jaar moet verloor nie.
(Speel:200522Clip2.mp3)

# Die Premier van die Wes-Kaap, Alan Winde, sê hy is baie gefrustreerd dat die coronavirus-toetse in die provinsie so stadig beweeg.
Baie mense kla dat hulle te lank wag om die resultate van hul toetse te ontvang om sodoende te bevestig of hulle die virus het of nie.
Die Wes-Kaap het nou 12-duisend-2-honderd-en-53 COVID-19 infeksies.
Die syfer maak op vir drie-en-sestig persent van die nasionale coronavirus infeksies.
Winde sê hy probeer ‘n oplossing vind vir die vertraging van die toetsuitslae.

# Die Demokratiese Alliansie in die Vrystaat sê hulle is bekommerd na die Premier van die provinsie, Sisi Ntombela, aangekondig het dat Bloemfontein dalk in vlak-3 van die inperking sal bly.
Die DA sê hulle het reeds aan die Premier geskryf en gevra dat die hele Vrystaat na vlak-3 of self vlak-2 van die inperking geskuif moet word.
Die DA sê Mangaung bly die grootste bydraer tot die provinsiale ekonomie en hierdie besluit sal lei tot verdere ekonomiese agteruitgang en meer werkverliese.

En ten slotte:
# Die Departement van Gesondheid in die Wes-Kaap het aangekondig dat pediatriese dienste by die Groote Schuur-hospitaal na die Rooi Kruis-oorlogsgedenkhospitaal verskuif sal word.
Die departement sê die skuif sal in ‘n fases gedoen word.
Die departement sê die stap word gedoen sodat die Groote Schuur-hospitaal gebruik kan word om pasiënte tydens die coronavirus-pandemie te akkomodeer.
Departement woordvoerder, Dwayne Evans, sê mense moet die hospitaal kontak indien hulle deur die stap benadeel word

# Geldsake: Die goudprys staan op duisend-735-dollar-14 sent per fynons en die prys van Brent ruolie op 34 dollar-28 sent per vat.
Die rand verhandel teen 17 rand-69 sent teen die Amerikaanse dollar, 19 rand-28 sent teen die euro en 21 rand-57 sent teen die pond.
Die prys vir een Bitcoin verhandel teen 9-duisend-152-dollar-74.

Dit is die einde van die nuus vir hierdie uur, die volgende bulletin is om ____.
Vir (radiostasie ID) ______________ nuus, ek is _________________.