AFRIKAANS BULLETIN 7VM – 1 AUGUSTUS 2020

Hoofstories hierdie uur…
# FITA in Bloemfontein hof weens sigaretverbod
EN
# Wes-Kaap uitgesluit by strategiese geïntegreerde projekte
Die tyd is 7 uur, ek is ____________________. Goeie môre.

# Die Fair Trade Independent Tobacco Association – FITA – sê het hom gister tot die Appèlhof in Bloemfontein gewend nadat die hooggeregshof in Pretoria sy aansoek om verlof tot appèl teen ‘n vroeëre uitspraak van die hand gewys het.
FITA sê die verbod op die verkoop van tabakprodukte tydens die COVID-19-inperking is ‘n beduidende vergryp deur die regering.
Die organisasie sê die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, het nie die mag om die vekroop van tabakprodukte te verbied nie.
Hy voer aan dat die verbod tot die handel in smokkelsigarette gelei het, wat ‘n nadelige uitwerking op die gesondheid en welsyn van meer as 11-miljoen mense het.

# Die LUR vir Menslike Nedersettings in die Wes-Kaap, Tertius Simmers, het sy kommer uitgespreek nadat die Departement van Openbare Werke die provinsie uitgesluit het van hul strategiese geïntegreerde projekte.
Simmers sê dit is ondanks die feit dat die Wes-Kaap ‘n behuisingswaglys van byna 600-duisend het.
Die LUR sê hy sal aan Minister Patricia De Lille skryf om te hoor waarom die provinsie nie ingesluit is by die projekte nie.
Simmers sê die Departement van Openbare Werke moet ook stukke grond aan die Wes-Kaap vrystel.
(Speel: 200731nClip1.mp3)

# ‘n Miljard rand is deur die Wes-Kaap se finansminister, David Maynier, toegeken aan die departement van gesondheid vir veldhospitale, siftingstoetse, COVID-19-toetse en meer hospitaalbeddens.
Die minister het sy aangepaste begroting weens die COVID-19 pandemie aan die provinsiale tesourie voorgelê.
Maynier sê 18-miljoen rand gaan aan die onderwysdepartement vir voedingskemas by skole, terwyl 400-miljoen rand toegeken is aan die departement van openbare werke vir kwarantyn- en isolasiegeriewe.
Die minister sê die geld is bekom uit provinsiale reserwes.

En ten slotte…
# Edcon se sakereddingspraktisyns hoop om die verkoop van Edgars en Jet teen die einde van Augustus af te handel.
Die sakeredders sê in die eerste verslag oor die vordering met die sakereddingsproses van Edcon hulle verwag dat die dokumente vir die versnelde verkoopsproses teen einde Augustus voltooi en geteken sal wees, onderhewig aan al die goedkeuring wat gekry moet word, soos van die Mededingingskommissie.
Edcon het middel Julie aangekondig ’n voorwaardelike aanbod is van die Foschini-groep (TFG) vir Jet aanvaar.
TFG wil die Jet-winkels waarin hy belangstel vir R480 miljoen koop.

Dit is die einde van die nuus vir hierdie uur, die volgende bulletin is om ____.
Vir (radiostasie ID) ______________ nuus, ek is ________________.