AFRIKAANS BULLETIN 7VM – 23 MEI 2020

Hoofstories hierdie uur…
# Nog Mense sterf aan COVID-19 in SA
EN
# Kinders kan tuisonderrig ontvang

Die tyd 7 uur ek is ____________________. Goeie more.

#Nóg 28 mense het die afgelope 24 uur in Suid-Afrika aan Covid-19 gesterf, wat die algehele dodetal op 397 te staan bring.
Die getal mense by wie die coronavirus gediagnoseer is, het intussen tot 20-duisend-125 gestyg nadat nog 988 gevalle aangemeld is.
Die ministerie van Gesondheid sê in sy jongste verklaring altesaam 22 van die 28 sterftes was in die Wes-Kaap, drie in die Oos-Kaap, twee in Gauteng en een in KwaZulu-Natal.
Meer as 543-duisend mense is reeds vir die virus getoets.

# Die Minister van Polisie, Generaal Bheki Cele, sê die aantal mense wat in hegtenis geneem is vir die oortreding van die Rampberstuurswet weerspieël die infeksie-persentasie van die coronavirus.
Die minister het die media toegespreek oor hoe goed die regulasies tydens die inperking nagekom is.
Volgens Cele het die Wes-Kaap die grootste aantal inhegtenisnemings, gevolg deur die Gauteng provinsie.
Cele sê georganiseerde misdadigers het ook probeer om misdade te pleeg tydens die inperking.
(Speel:200523Clip1.mp3)

# Die LUR vir Onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, het gesê die Onderwysdepartement het voorsiening gemaak vir ouers wat nog wil hê dat hul kinders tuisonderrig moet kry.
Lesufi sê die Departement het tonne e-posse ontvang van ouers wat teen die heropening van skole is.
Hy sê kinders moet terug skool toe gestuur, maar as ouers gemakliker voel dat hul kinders by die huis bly, sal die Departement die ouers se wense tegemoet kom.
Lesufi sê dit is belangrik om daarop te let dat kinders nie die akademiese jaar moet verloor nie.
(Speel:200523Clip2.mp3)

En ten slotte:
# Die Departement van Gesondheid in die Wes-Kaap het aangekondig dat pediatriese dienste by die Groote Schuur-hospitaal na die Rooi Kruis-oorlogsgedenkhospitaal verskuif sal word.
Die departement sê die skuif sal in ‘n fases gedoen word.
Die departement sê die stap word gedoen sodat die Groote Schuur-hospitaal gebruik kan word om pasiënte tydens die coronavirus-pandemie te akkomodeer.
Departement woordvoerder, Dwayne Evans, sê mense moet die hospitaal kontak indien hulle deur die stap benadeel word

# Geldsake: Die goudprys staan op duisend-735-dollar-14 sent per fynons en die prys van Brent ruolie op 34 dollar-28 sent per vat.
Die rand verhandel teen 17 rand-69 sent teen die Amerikaanse dollar, 19 rand-28 sent teen die euro en 21 rand-57 sent teen die pond.
Die prys vir een Bitcoin verhandel teen 9-duisend-152-dollar-74.

Dit is die einde van die nuus vir hierdie uur, die volgende bulletin is om ____.
Vir (radiostasie ID) ______________ nuus, ek is _________________.