AFRIKAANS BULLETIN 9VM – 23 MEI 2020

Hoofstories hierdie uur…
# Kouefront tref SA die naweek
EN
# IVP verwerp verslag van die Zululand-distriksmunisipaliteit
Die tyd is 9 uur ek is ____________________. Goeie more.

# Weervoorspellers het gewaarsku dat daar ‘n sterk kouefront Suid-Afrika die naweek gaan tref.
Die front sal na verwagting die Wes-Kaap sowel as die Noord-Kaap tref.
Die kouefront gaan baie koue weer en stormwinde veroorsaak.
Die weervoorspeller in Kaapstad, Samkelisiwe Thwala, sê sommige gebiede kan selfs Sondag sneeu sien.
(Speel:200523nClip1.mp3)

# Die Inkatha Vryheidsparty verwerp die verslag wat deur die ANC COGTA-departement in KwaZulu-Natal aan die Zululand-distriksmunisipaliteit voorgelê is.
Dit volg nadat COGTA ‘n forensiese ondersoekverslag oor die distrik ingedien het na aantygings van korrupsie, bedrog, en wanadministrasie.
IVP-woordvoerder, Thami Ntuli, sê die party is ten volle bewus van die ANC se aanhoudende pogings om distrike onder hul beheer te kry.
Ntuli sê hierdie bewerings is ‘n bespotting van die wettige stryd teen korrupsie, bedrog en wanadministrasie.
(Speel: 200523nClip2.mp3)

# Agt mense is beseer toe ‘n trekker en taxi in Umlaas, in KwaZulu Natal, gebots het.
Paramedici het by die toneel opgedaag en die trekker in die pad en die taxi aan die kant van ‘n wal gevind.
Verskeie mense het op die toneel rondgeloop.
ER24-woordvoerder, Russel Meiring, sê paramedici het die pasiënte beoordeel en gevind dat agt mense ligte tot matige beserings opgedoen het.

# Nóg 28 mense het die afgelope 24 uur in Suid-Afrika aan Covid-19 gesterf, wat die algehele dodetal op 397 te staan bring.
Die getal mense by wie die coronavirus gediagnoseer is, het intussen tot 20-duisend-125 gestyg nadat nog 988 gevalle aangemeld is.
Die ministerie van Gesondheid sê in sy jongste verklaring altesaam 22 van die 28 sterftes was in die Wes-Kaap, drie in die Oos-Kaap, twee in Gauteng en een in KwaZulu-Natal.
Meer as 543-duisend mense is reeds vir die virus getoets.

En ten slotte:
# Die dodetal na die vliegtuigongeluk in Pakistan het tot 57 gestyg.
Die vliegtuig van die Pakistan se internasionale lugdiens het in ‘n digbewoonde woonbuurt in Karachi neergestort terwyl die vlieëniers probeer het om op die Kinnah Internasionale Lughawe te land. Die vliegtuig het 91 passasiers en agt bemanningslede aan boord gehad.

# Geldsake: Die goudprys staan op duisend-734-dollar-00 sent per fynons en die prys van Brent ruolie op 34 dollar-30 sent per vat.
Die rand verhandel teen 17 rand-64 sent teen die Amerikaanse dollar, 19 rand-25 sent teen die euro en 21 rand-50 sent teen die pond.
Die prys vir een Bitcoin verhandel teen 9-duisend-135-dollar-02.

Dit is die einde van die nuus vir hierdie uur, die volgende bulletin is om ____.
Vir (radiostasie ID) ______________ nuus, ek is _________________.