DA meen dat polisie sukkel om misdade in die Wes-Kaap aan te spreek

Die Demokratiese Alliansie (DA) sê na die bekendmaking van die misdaadstatistieke, het dit duidelik geword dat daar eenvoudig nie genoeg sigbare polisiëring of polisie-intelligensie beskikbaar is om beamptes te help met die opsporing en voorkoming van dwelmverwante misdade nie.

In 2017/2018 is daar meer as honderdduisend dwelmverwante misdade aangemeld weens aktiewe polisiëring.

Vir die jaar 2018/2019 het die syfer =gedaal tot net meer as tagtigduisend.

Partywoordvoerder, Bonginkosi Madikizela, sê dit is duidelik dat die polisie sukkel om die dwelmverwante misdade in die provinsie aan te spreek.