Een sterf nadat kar in rivier beland

Een vrou is gister dood en vyf ander is beseer nadat ‘n motorvoertuig in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, in die rivier beland het.
ER24-woordvoerder, Russel Meiring, sê personeel is ongeveer 04h15 na die toneel ontbied.
‘n Motorvoertuig is in die middel van die rivier gevind, met drie van die insittendes wat op die oewer gesit het.
Soek- en reddingsdienste en ER24-paramedici het in die rivier in gevaar om die drie ander pasiënte, wat ook in die voertuig was, te kry.
Meirings sê nadat die pasiënte opgespoor is, het paramedici bevind dat ‘n vrou, wat vermoedelik in haar 20’s is, reeds aan haar beserings beswyk het.
Niks kon vir haar gedoen word nie en sy is dood verklaar.

Start typing and press Enter to search