Gevangene dood in polisiesel gevind

‘n Veertig-jarige gevangene is gisteroggend dood in ‘n polisiesel in Letsitele buite Tzaneen gevind.

Volgens die polisie is Chikinyongo Madala Masinge na bewering deur mede-gevangenes vermoor.

Polisielede wat aan diens was het Masinge gevind in een van die selle.

Hy was glo erg beseer en is deur nooddiens-personeel dood gesertifiseer.

Polisiewoordvoerder, Brigadier Motlafela Mojapelo, sĂȘ die polisie ondersoek die omstandighede rondom Masinge se moord.