IVP bekommerd oor hoë vlakke van misdaad in KZN

Die Inkatha Vryheidsparty (IVP) sê hulle dink dit is hoog tyd om ‘n Nasionale gesprek uit te voer sodat misdaad in KwaZulu-Natal uitgewis word.

Die besluit is geneem nadat die misdaadstatistieke deur die Minister van Polisie, Bheki Cele, getoon het dat KwaZulu-Natal as ‘n groot hoeveelheid bydrae tot die toename in die land se misdaad.

Moord in KwaZulu-Natal het toegeneem van vierduisend-driehonderd-twee-en-dertig in die vorige boekjaar tot vierduisend-driehonderd-vyf-en-negentig hierdie boekjaar.

Party-woordvoerder, Blessed Gwala, sê die party glo sterk dat die toename in misdaadvlakke in die provinsie veroorsaak is deur omkoping, magsmisbruik, versuiming van amptenare om op te tree en pligte in alle geledere van wetstoepassing, te voorkom.

Start typing and press Enter to search