IVP verwerp verslag van die Zululand-distriksmunisipaliteit

Die Inkatha Vryheidsparty verwerp die verslag wat deur die ANC COGTA-departement in KwaZulu-Natal aan die Zululand-distriksmunisipaliteit voorgelê is.

Dit volg nadat COGTA ‘n forensiese ondersoekverslag oor die distrik ingedien het na aantygings van korrupsie, bedrog, en wanadministrasie.

IVP-woordvoerder, Thami Ntuli, sê die party is ten volle bewus van die ANC se aanhoudende pogings om distrike onder hul beheer te kry.

Ntuli sê hierdie bewerings is ‘n bespotting van die wettige stryd teen korrupsie, bedrog en wanadministrasie.