Khayelitsha-vuur eis vier lewens

Vier mense, insluitend drie kinders, het gesterf en ‘n vyfde persoon het gister beserings opgedoen in ‘n brand in Khayelitsha, Wes-Kaap.

Die stad se woorvoerder, Jermaine Carelse, sê om 04:50 het die amptenare ‘n oproep van ‘n brand by ‘n huis ontvang.

Drie brandbestrydingstoestelle, ‘n reddingsvoertuig en 14 personeellede is na die voorval gestuur.

Die vuur is om 05:20 uitgeblus.

Carelse sê een volwasse vrou, twee meisies en een seun is oorlede as gevolg van rook inaseming.

Hy sê een volwasse man het brandwonde opgedoen en is na die hospitaal vervoer.

Die oorsaak van die vuur is steeds onbekend.

Start typing and press Enter to search