Kind sterf nadat motor hom tref

Netcare 911 het Saterdag gereageer op berigte van ‘n botsing onder die N2-brug in Athlone Park, suid van Durban.

Netcare 911-woordvoerder, Shawn Herbst, sê ‘n kind was besig om sy fiets te ry toe hy deur ‘n motor getref is.

Paramedici het die toneel geassesseer en bevind dat die kind in ‘n kritieke toestand was, as gevolg van trauma aan sy kop en bors, en het dus gevorderde lewensondersteuningsintervensie geïmplimenteer.

Terwyl paramedici hom gestabiliseer het, het sy hart stil gaan staan en hy moes dus KPR ontvang.

Die pasiënt se beserings was te erg, en hy het aan sy beserings beswyk.

Die pasiënt is op die toneel dood verklaar.

Start typing and press Enter to search