Kortsluiting veroorsaak brand by die V&A Waterfront

‘n Kortsluiting was waarskynlik die rede vir ’n brand by die V&A Waterfront in Kaapstad Woensdagaand.
Twee brandweerwaens en ’n noodvoertuig was sigbaar buite die parkeergarage van die Pick n Pay-supermark.
Doe woordvoerder van die Stad Kaapstad se brand-en-reddingsdienste, Theo Layne, sê die brand het drie minute na 18:00 uitgebreek in die ondergrondse parkeergarage van die supermark.
Hy sê die oorsaak van die brand is nog onbekend.

Start typing and press Enter to search