Kouefront tref SA die naweek

Weervoorspellers het gewaarsku dat daar ‘n sterk kouefront Suid-Afrika die naweek gaan tref.

Die front sal na verwagting die Wes-Kaap sowel as die Noord-Kaap tref.

Die kouefront gaan baie koue weer en stormwinde veroorsaak.

Die weervoorspeller in Kaapstad, Samkelisiwe Thwala, sĂȘ sommige gebiede kan selfs Sondag sneeu sien.