Ma en seun vas vir dwelms en beperkte medisyne

Die polisie in die Oos-Kaap het ‘n man en sy ma in hegtenis geneem vir die besit van dwelms en beperkte medisyne.

Die polisie was besig met ‘n stop-en-soek-operasie toe hulle ‘n twee-en-twintig-jarige man voorgekeur het en heroïne in sy besit ontdek het.

Terwyl polisie die man ondervra het, het ‘n vrou haarself as sy ma geïdentifiseer.

Die polisie het haar tas ook deursoek, en ‘n verskeidenheid medisyne en naalde ontdek.

Polisiewoordvoerder, Kaptein Mluleki Mbi, sê nadat sy ondervra is, het sy beweer dat sy mense met hul gesondheid help.

Start typing and press Enter to search