Man ontvang 15 jaar vir minderjarige se verkragting

Die Butterworth-landdroshof het gister ‘n drie-en-twintig-jarige man, Bathandwa Gcasambane, tot vyftien jaar gevangenisstraf gevonnis weens die verkragting van ‘n elfjarige meisie.

Daar word beweer dat die slagoffer se klasonderwyser opgemerk het dat sy vreemd optree.

Die slagoffer se ouer is na die skool genooi en is ingelig oor haar dogter se vreemde gedrag.

Polisiewoordvoerder, Kaptein Jackson Manatha, sĂȘ ‘n saak van verkragting is by die Dutywa-polisiestasie opgemaak.

Start typing and press Enter to search