Mboweni versoek dat COVID-19-aankope gepubliseer word

Die DA verwelkom die Minister van Finansies, Tito Mboweni, se aankondiging wat versoek dat alle LUR’e van Gesondheid lyste moet opstel om aan te dui by watter maatskappye hulle persoonlike beskermde toerusting (PBT) aangekoop het.

Die versoek kom na daar ontbloot is dat die LUR van Gesondheid in Gauteng, Dokter Bandile Masuku, sy vrou, en die presidensiële woordvoerder, Khusela Diko, betrokke was by ongerymdhede rakende COVID-19 PBT-aankope.

Party-woordvoerder, Siviwe Gwarube, sê die DA vertrou dat dit nie ‘n blote versoek sal bly nie, maar dat alle LUR’e onmiddellik sal optree om hierdie inligting sonder enige verdere vertraging te publiseer.