Noordwes SAPD ondersoek moord op jong onderwyser

Die provinsiale kommissaris van Noordwes, Luitenant-Generaal Sello Kwena, het sy skok uitgespreek oor die beweerde moord op ‘n vyf-en-twintig-jarige onderwyseres, Khumontle Mokgosi.

Mokgosi se lyk is Maandag in haar huis in Magong Village naby Mogwase gevind.

Die polisie vermoed dat sy verwurg is.

‘n Saak van moord is geopen en ondersoek na die saak is tans aan die gang.

Polisiewoordvoerder, Brigadier Sabata Mokwabone, sĂȘ tot dusver is geen arrestasie gemaak nie.