Oos-Kaap polisie opsoek na rowers

Die polisie in die Oos-Kaap is op soek na vyf onbekende manlike verdagtes nadat hulle gister betrokke was by ‘n plaasaanval buite Grahamstad.

Die vyf verdagtes het na bewering die plaas betree, die personeel vasgebind en verskillende besittings geneem, insluitend twee vuurwapens, ‘n geweer en ‘n pistool.

Daarna het die verdagtes die toneel gevlug.

Die voertuig waarin hulle gereis het, ‘n Nissan LDV, is in Alexandria gevind.

Polisiewoordvoerder, Kaptein Mali Govender, sĂȘ die verdagtes het donker klere aangehad en een het ‘n donkerbruin pet op.

Start typing and press Enter to search