Verdagte vas vir besit van ongelisensieërde vuurwapens

‘n Vyf-en-dertig-jarige verdagte is vroeër vandag in Vlakfontein in hegtenis geneem nadat hy in besit gevind is van twee ongelisensieërde vuurwapens en ammunisie.

Beamptes het inligting ontvang en die verdagte se huis vir ‘n tydperk waargeneem.

Die verdagte is omstreeks 05h30 gesien waar hy sy woonplek verlaat het, en die polisiebeamptes het hul plan uitgevoer en die verdagte om die draai voorgekeur.

Polisiewoordvoerder, Sersant Khalipha Mvula, sê die polisiebeamptes het tydens die soektog van die verdagte ‘n agt-en-dertig spesiale rewolwer, ‘n nege mm-pistool, en veertien rondes ammunisie ontdek.

Start typing and press Enter to search