Verdagte vas vir moord in Hartbeespoortdam

Die polisie in Hartbeespoortdam het ‘n sewe-en-veertig-jarige verdagte in hegtenis geneem op aanklagte van moord.

Die een-en-dertig-jarige slagoffer, Tebatjo Samuel Monyuku, was na bewering aan diens as ‘n veiligheidswag by ‘n oord in Kosmos.

Die verdagte en die slagoffer het in ‘n onderonsie betrokke geraak en die verdagte het voortgegaan om oor Monyuku te ry.

Polisiewoordvoerder, Brigadier Sabata Mokwabone, sê die slagoffer het op die toneel aan sy beserings beswyk.