VF-Plus versoek dat regering intree rakende korrupsie in Limpopo

Die Vryheidsfront Plus (VF-Plus) sê die grootskaalse korrupsie in Limpopo is besig om ‘n ernstige draai te vat en die VF-Plus veroordeel die doodsdreigemente wat teen die ANC se provinsiale sekretaris, Sovjet Lekganyane, gerig is.

Die dreigemente het gekom nadat hy as lid van die ANC se Provinsiale Uitvoerende Komitee (PUK) ‘n verslag oor die beweerde korrupsie in die Mogalakwena-munisipaliteit ingedien het.

Party-woordvoerder, Marcelle Maritz, sê die VF-Plus dring daarop aan dat die probleem op Nasionale regeringsvlak dringend deur die munisipaliteit aangespreek word en dat die dreigemente ernstig opgeneem word.

Start typing and press Enter to search