Vier beseer na botsing in Gauteng

Netcare 911 het Sondagmiddag gereageer op berigte van ‘n botsing op die N1, tussen Rivoniaweg en William Nicol, in Sandton, Gauteng.
Netcare 911-woordvoerder, Shawn Herbst, sê dat vier motorvoertuie by ‘n botsing betrokke was.
Paramedici het die toneel geassesseer en bevind dat die motoriste klein beserings opgedoen het.
Nadat al die pasiënte behandel is, is hulle deur verskeie ambulansdienste na die hospitaal vervoer vir verdere mediese behandeling.

Start typing and press Enter to search