Vrou verskyn in hof vir bedrog en korrupsie

‘n Vier-en-dertig-jarige vrou sal na verwagting vandag in die Lephalale landdroshof verskyn vir bedrog en korrupsie.

Die verdagte het na bewering ‘n persoon gehelp wat aansek wou doen vir ‘n geboortesertifikaat deur die inligting van ‘n ander persoon te gebruik asof sy die moeder was.

Owerhede het ontdek dat daar probleme was met die uitreiking van die geboortesertifikaat en ‘n saak is by ‘n plaaslike polisiestasie geopen.

Woordvoerder van die Valke in Limpopo, Kaptein Matimba Maluleke, sĂȘ na ‘n lang ondersoek het hulle die verdagte gister gearresteer.