Vyf-jarige sterf nadat muur op hom val

‘n Vyf-jarige seun van Veeplaas is Donderdagmiddag oorlede toe ‘n muur op hom neergestort het.

Volgens inligting wat die polisie ontvang het, het Olana Matisi omstreeks 17h00 met sy vriende in die straat gespeel toe ‘n muur bo die hek van ‘n huis ineengestort het en hom op sy kop getref het.

Polisiewoordvoerder, Kolonel Priscilla Naidu, sĂȘ die seun is deur paramedici op die toneel dood verklaar.

Start typing and press Enter to search