Waaksame polisie maak die strate skoon in die Oos-Kaap

Die Oos-Kaapse polisie het Saterdag twee verdagtes tussen die ouderdom van 30 en 34 jaar oud in hegtenis geneem vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie in Moyeni.
Polisiewoordvoerder, Kaptein Mali Govender, sê die stasiehoof het die gebied saam ‘n ander lid gepatrolleer toe hulle agterdogtig geraak het oor ‘n wit Nissan Almera met vier manlike passasiers.
Hulle het die Nissan voorgekeur en tydens ‘n soektog het hulle ‘n 9mm-pistool, met ‘n magasyn, een ronde ammunisie, en die reeksnommer, onder die bestuurder se sitplek gevind.
Govender sê terwyl hulle besig was om die insittendes in hegtenis te neem, het twee ander passasiers in nabygeleë bosse in gehardloop, waarvan een die eienaar van die voertuig was.
Hy sê die vuurwapen se reeksnommer is ingedien vir ballistiese toetse sodat die polisie kan bevestig of die geweer by enige ander misdade betrokke was.

Start typing and press Enter to search